Welkom by Kleuterzone Randhart

Simone

Hoof

Brief uit die Hoof se pen:

(“Kinders is broos soos die bloeisels aan n boom, dit is ons verantwoordelikheid om vir hul om te gee en te koester in n liefdevolle, veilige omgee omgewing.” N. Wilson )

Ek is Nadia, trotse Hoof van Kleuterzone Alberton, Randhart. Ons is n tweetalige skooltjie en bedien gesonde etes.

Ek is getroud en het twee pragtige maar besige dogtertjies wat my alles is.

Ek wou eintlik in Toerisme bestuur ingaan, maar het besluit om net so n jaar te “rus” voor ek universiteit toe sou gaan…ek moes wel werk om verantwoordelikheid te leer en om n inkomste te maak. Ek het dus besluit om toe maar by n kleuterskool uit te help as n tydelike assistent…dit is hoe ek toe nou besef het dat skool hou eintlik my passie is en het besluit om kleuter onderwys te studeer terwyl ek werk.

My ma , nou afgetree, het skool gehou vir 45 jaar en sy het seker gemaak dat ek onthou hoe belangrik dit is om n liefdevolle en goeie, passievolle onderwyses te wees.

Ek het nou amper 20 jaar onderwys ondervinding en het ook voor COVID-19 my eie skooltjie gehad. Skool hou is nogsteeds my passie.

Ek is n groot voorstaander van “all inclusion” in die klaskamer en glo elke kleuter verdien n kans om skool toe te gaan om te leer, speel en vaardighede te ontwikkel om eendag te floreer op hul eie pas, maar met een tot een ondersteuning. Ek verkies om moontlike leerprobleme so gou as moontlik te identifiseer, en dan die nodige hulp verlening toe te pas met behulp van mamma en pappa, asook moontlike relevante terapeute sodat n kind nie agtergelaat word nie.

Kleuterzone is n skool waar ons Christelike waardes nastreef . By Alberton wil ons n gesonde balans handhaaf tussen sosialiseer,leer en speel asook verken, want ek en my pragtige span glo elke lyfie is uniek met hul eie geaardheid, sterk punte en selfs swak punte, wat okay is, ons help hulle en ondersteun hulle. Ons sal hul altyd met liefde, geduld en deurnis hanteer.

Verder glo ons spannetjie dat God ons na Kleuterzone Alberton gestuur het om sy woord, liefde en waardes te installeer. ons werk saam, lag saam en huil selfs saam 😉, beplan saam en is reg vir enige hindernis wat ons saam kan oorkom met behulp van God en natuurlik die hele Kleuterzone groep. Ons almal het n passie vir onderwys en kinders. Ons is gretig om te onderrig, leer en speel asook troos . Ons wil hê u kleuter moet welkom, veilig, gelukkig en tuis voel.

Kleuters leer deur sien….ons kruip, wobble en loop saam met die babas, verken saam met die peuters en knip, werk en eksperimenteer saam met die kleuters, want dit is hoe hul gaan weet wat om te doen.

Ons hoop, en sien daarna uit, om u kleuter/s as deel van die Kleuterzone – Randhart Alberton familie te hê.

Groete
Juffrou Nadia
Hoof

Getuigskrifte

Jordan het in Februarie by Kleuterzone begin. Hy is in juffrou Cecily se klas en floreer heeltemal ✨ klueterzone was die beste keuse vir Jordan. Klein klasse, prettige aktiwiteite en sooo baie liefde. Net soos Jordan in die harte van diegene by die skool ingekruip het, so het al die personeel by klueterzone in ons harte ingekruip... dankie Nadia, Cecily, Paulina, Senca en laaste maar nie die minste nie Simonè vir al julle liefde en omgee vir ons groot baba seuntjie!!!!
-Kelly Brown-
Ouer
My dogter was van geboorte af by die huis. Sy is drie en ons het besluit dis tyd om haar skool toe te stuur. Na 'n bietjie navorsing het ons besluit op Kleuterzone Randhart en sy is mal daaroor! die onderwysers ken haar, sy raak elke oggend opgewonde om skool toe te gaan en sy is altyd so bly as ons haar kom haal
-Tivana-Gelukkige Ma
Ouer
Om my dogtertjie by Kleuterzone Randhart in te skryf was een van die beste besluite wat ek geneem het. Sy staan elke oggend op met 'n glimlag op haar gesig en is so opgewonde om haar vriende te sien, te speel en te leer... elke middag kom vertel sy my van haar dag en wat sy geleer het. Die toegewyde onderwysers en personeel skep 'n warm en ondersteunende atmosfeer waar sy aangemoedig en opgewonde voel om te leer en sy is baie lief vir haar onderwyser. Ek kan nie genoeg dankie sê dat Kleuterzone Randhart se span so goed na haar omgesien het nie. Ek beveel Kleuterzone Randhart van harte aan by enige ouer. Dankie dat jy die rede is dat my dogter elke dag met 'n glimlag op haar gesig by die huis kom
-Jade Adlem-
Ouer
As 'n eerste keer ma was een van my grootste vrese nog altyd om my seun na 'n kleuterskool te neem en hom heeldag daar te moet los. Ek het na soveel verskillende skole gekyk en was net nie tevrede totdat ek Kleuterzone Randhart raakgeloop het nie. Ek is so ongelooflik gelukkig met die skool en so ook my seun. Sedert sy heel eerste dag by Kleuterzone het 'n verandering in hom begin opmerk, 'n wonderlike verandering. My seun het soveel geleer en het elke dag soveel meer begin praat en kom altyd huis toe met iets nuuts wat hy by die skool geleer het. Ek is baie beïndruk met Kleuterzone en die onderwysers. Hulle sorg almal so wonderlik vir hom, my seun is mal daaroor om skool toe te gaan en word so bly en opgewonde elke keer as ons by die hek kom en hy kan nie wag dat ons hom uit die kar haal nie. Ek sal Kleuterzone Randhart absoluut aanbeveel vir enigiemand en almal wat ek ken. Beslis 'n super gelukkige mamma met 'n super gelukkige seun
- Samantha dodd-
Ouer
Vir my, as 'n pa van 'n 3-jarige meisie, was dit regtig 'n baie, baie moeilike besluit om die regte skool vir Avah te vind. Vanaf die eerste dag se instap het ons so gemaklik gevoel. Nadia en haar span is uitstekend en Avah is regtig op haar gemak met hulle. Sy hou ook nie op om oor al haar daaglikse aktiwiteite te praat nie. Ek kan en sal Kleuterzone Randhart met graagte aanbeveel vir enige ouer wat, soos ek, die beste vir hul kind soek. Nadia en haar span is die beste
-Richard -
Ouer
My kleindogter is in Kleuterzone Randhart. Ek het so 'n wonderlike verandering in haar gesien...in haar vorige skool was sy so stil, het nooit oor haar dag gepraat nie of sou nooit te opgewonde gelyk het om skool toe te gaan nie. Maar nou in Randhart Kleuterzone is sy so spraaksaam, hou amper nooit op praat nie J en vertel ons van haar dag, leer ons oor wat sy op skool geleer het en is mal die personeellede. Sy het met soveel selfvertroue en het van 'n stil en teruggetrokke dogtertjie na 'n gelukkige opgewonde meisie gegaan. Sy huil dikwels omdat ons haar nie oor naweke skool toe wil neem nie, want sy wil haar onderwysers sien. Sy wil altyd dieselfde kos by die huis eet as wat sy by die skool gehad het. Die personeel is netjies proffesioneel en so vriendelik. Wanneer jy die skool binnegaan voel dit asof jy iemand by hulle huis besoek: warm, verwelkomend en veilig. Ek kan Kleuterzone Randhart beslis aanbeveel en so ook haar ouers
-sonja- gelukkige ouma
Ouer